Aspartaam

'n Bal-en-stokmodel van aspartaam
'n Fles met aspartaam

Aspartaam is 'n kunsmatige, nie-sakkariede versoeter, wat 200 keer soeter as sukrose is, en word gewoonlik as suikervervanger in voedsel en drank gebruik. Dit is 'n metielester van die aspartiensuur/fenielalaniendipeptied met die handelsname NutraSweet, Equal, en Canderel. Aspartaam is die eerste keer in 1965 vervaardig en in 1981 goedgekeur vir gebruik in voedselprodukte deur die Amerikaanse Food and Drug Administration (FDA).

Aspartaam is een van die strengste getoetsde voedselbestanddele. Resensies deur meer as 100 regeringsinstansies het bevind dat die bestanddeel veilig is vir gebruik teen huidige vlakke.[1][2] Teen 2018 het verskeie kliniese toetse getoon dat die gebruik van aspartaam in die plek van suiker die kalorie-inname en liggaamsmassa van volwassenes en kinders verminder.

  1. "CFR – Code of Federal Regulations, Title 21, Part 172: Food additives permitted for direct addition to food for human consumption. Subpart I – Multipurpose Additives; Sec. 172.804 Aspartame". US Food and Drug Administration. 1 April 2018. Besoek op 22 Augustus 2019.
  2. Food Standards Australia New Zealand: "Food Standards Australia New Zealand: Aspartame – what it is and why it's used in our food". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2008. Besoek op 9 Desember 2008.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy